Hosea 3
Nuwe opdrag van die Here
1Die Here het vir my gesê:
“Gaan weer, gaan bemin 'n vrou
wat bemin word deur 'n vriend,
en wat egbreuk pleeg;
soos die Here die Israeliete liefhet,
terwyl hulle na ander gode draai
en van rosynekoeke hou.”
2Ek het haar toe vir my gehuur vir vyftien silwerstukke en 'n gomer en 'n letek gars. 3Ek het vir haar gesê:
“Vir 'n lang tyd moet jy by my bly.
Jy mag nie hoereer nie,
en jy mag nie aan 'n man behoort nie.
Ek sal ook so teenoor jou optree.”
4Want vir 'n lang tyd sal die Israeliete
sonder 'n koning en •hoë amptenare,
sonder offers en gedenkstene,
sonder efod en huisgode moet bly.
5Daarna sal die Israeliete terugkeer
en die Here, hulle God, soek,
en Dawid, hulle koning.
Ja, hulle sal bewend na die Here gaan,
en na sy goedheid in die laaste dae.
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met Deuterokanonieke Boeke © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.