20Die families in die Juda-stam het hierdie stede gekry: 21Ver in die suide langs die grens van die land Edom het hulle die stad Kabseël gekry, en ook Eder, Jagur, 22Kina, Dimona, Adada, 23Kedes, Gasor, Jitnan, 24Sif, Telem, Bealot, 25Gasor-Gadatta, Kerijot-Gesron, dit is Gasor, 26Amam, Sema, Molada, 27Gasar-Gadda, Gesmon, Bet-Pelet, 28Gasar-Sual, Berseba, Bisjoteja, 29Baäla, Ije-Abarim, Esem, 30Eltolad, Kesil, Gorma, 31Siklag, Madmanna, Sansanna, 32Lebaot, Silgim, Ajin en Rimmon. Dit was almal saam 29 stede en die dorpies daar naby. 33In die Laeveld was daar Estaol, Sora, Asna, 34Sanoag, En-Gannim, Tappuag, Enajim, 35Jarmut, Adullam, Soko, Aseka, 36Saärajim, Aditajim, Gedera en Gederotajim. Dit was 14 stede en die dorpies daar naby. 37Hulle het ook hierdie stede gekry: Senan, Gadasa, Migdal-Gad, 38Dilan, Mispe, Jokteël, 39Lakis, Boskat, Eglon, 40Kabbon, Lagmas, Kitlis, 41Gederot, Bet-Dagon, Naäma en Makkeda. Dit was 16 stede en die dorpies daar naby. 42Die Juda-stam het ook hierdie stede gekry: Libna, Eter, Asan, 43Jiftag, Asna, Nesib, 44Keïla, Aksib en Maresa. Dit was nege stede en die dorpies daar naby. 45Die Juda-stam het ook Ekron, en die woonplekke en dorpies daar naby, gekry, 46en wes van Ekron het hulle al die stede naby Asdod, en die dorpies daar naby, gekry, 47en Asdod en die woonplekke en dorpies daar naby, en Gasa en die woonplekke en dorpies daar naby, tot teen Egipte-spruit en die strand van die Groot See. 48In die Bergland het hulle hierdie stede gekry: Samir, Jattir, Soko, 49Danna, Kirjat-Sanna, dit is Debir, 50Anab, Estemoa, Anim, 51Gosen, Golon en Gilo, elf stede en die dorpies daar naby. 52Daar was ook hierdie stede: Arab, Duma, Esan, 53Janum, Bet-Tappuag, Afeka, 54Gumta, Kirjat-Arba, dit is Hebron, en Sior. Dit was nege stede en die dorpies daar naby, en 55Maon, Karmel, Sif, Jutta, 56Jisreël, Jokdeam, Sanoag, 57Kain, Giba, Timna. Dit was tien stede en die dorpies daar naby, en 58Galgul, Bet-Sur, Gedor, 59Maärat, Bet-Anot, Eltekon. Dit was ses stede en die dorpies daar naby, en ook 60Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jearim, en Rabba. Dit was twee stede en die dorpies daar naby. 61In die woestyn was daar Bet-Araba, Middin, Sekaka, 62Nibsan, Ir-Melag en En-Gedi. Dit was ses stede en die dorpies daar naby. 63Die mense van Juda kon nie die Jebusiete, die mense van Jerusalem, oorwin en wegjaag nie. Hulle woon vandag nog daar saam met die mense van Juda.