Efesiërs 3
Paulus het hard gewerk vir die gelowiges in Efese
1Ek, Paulus, is nou in die tronk omdat ek aan Christus behoort. Ek is in die tronk omdat ek vir julle van Hom vertel het, julle wat heidene is. 2Julle het gehoor dat God goed was vir my en dat Hy vir my die werk gegee het om vir julle te vertel dat God ook vir júlle goed is. 3Julle het gehoor dat Hy vir my gesê en gewys het wat sy boodskap oor Christus is, die boodskap wat niemand voorheen geken het nie. Dit is wat ek in hierdie brief klaar vir julle geskryf het. 4Wanneer julle nou verder lees, dan sal julle weet dat ek die boodskap oor Christus verstaan. 5God het nou sy Gees gestuur om dit vir sy gewyde apostels en profete te bring. Hy het die boodskap nie so gestuur vir die mense wat voorheen gelewe het nie. 6Daardie boodskap is: Julle is heidene, maar julle behoort aan Christus Jesus en julle glo die goeie boodskap. Daarom gee God nou ook vir julle baie goeie dinge, soos Hy vir die Jode gegee het. Julle en die Jode is nou almal saam, julle is soos een liggaam. En julle sal ook kry wat God belowe het.
7Nou is dit my werk om die goeie boodskap vir julle te bring. Dit is die present wat God vir my gegee het. God was goed vir my, Hy is sterk en Hy het my verander. 8Ja, God was baie goed vir my. Ek is minder belangrik as al die ander mense wat aan God behoort, maar God het gesê ek moet die goeie boodskap vir die heidene bring. Die goeie boodskap is dat Christus baie goeie dinge vir mense gee, baie meer as wat hulle kan weet. 9God wat alles gemaak het, het eeue lank vir niemand gesê wat Hy wil doen nie, niemand het sy boodskap oor Christus geken nie. Maar nou het God gesê ek moet vir almal help om te verstaan wat Hy doen. 10Daarom kan die kerk nou vir almal en alles wat oor die wêreld wil regeer, vertel van die wonderlike wysheid van God. 11God het lank gelede besluit wat Hy wou doen. Hy het Christus Jesus, ons Here, gestuur om dit te doen. 12Ons behoort aan Christus en ons glo in Hom. Daarom is ons nie bang om vir God iets te vra nie. Ons glo dat God sal doen wat Hy gesê het. 13Ek bid dat julle nie moedeloos sal word omdat ek swaarkry nie. Nee, julle kan trots wees dat ek swaarkry.
Paulus bid vir die gelowiges in Efese
14God is baie goed vir ons. Daarom kniel ek en bid ek tot Hom, ons Vader. 15Hy is die Vader wat almal laat lewe, almal in die hemel en op die aarde. 16Ek bid en vra vir God, ons Koning, dat Hy die Heilige Gees moet gebruik en dat Hy julle moet help sodat die geloof in julle harte sterker word. 17Ek bid dat julle sal glo in Christus, dat Hy in julle harte sal woon en dat julle lewens heeltemal vol liefde sal wees. 18Dan sal julle weet hoe groot Christus se liefde vir julle is, hoe wyd, hoe lank, hoe hoog en hoe diep dit is. Julle sal dit weet saam met die ander mense wat aan God behoort. 19Julle kan seker wees dat Christus lief is vir julle, baie meer as wat julle besef. Dan sal julle presies wees soos God wil hê julle moet wees.
20-21Ja, die kerk, almal wat aan Christus Jesus behoort, moet vir God prys, want God is baie sterk. En Hy gebruik sy krag in ons. Hy kan baie meer doen as wat ons dink of vir Hom vra. Almal moet Hom, ons Koning, altyd prys. Amen.
Bybel vir dowes/almal © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2012. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.