Nuwe Leesplan – Lewenslesse uit die Bybel
Hierdie 13-dag leesplan vertel die verhale van Bybelkarakters wat belangrike lewenslesse moes leer. Geniet u Bybelleesreis!
Jy kan inteken op hierdie leesplan op die BibleSA-app om daaglikse kennisgewings te ontvang.
Die Bybelgenootskap het in Augustus 2019 die ambisieuse 2 Miljoen Bybels-projek van stapel gestuur as deel van sy 200ste bestaansjaarvieringe.
Onseker oor hoe om iets te doen op die BibleSA-webwerf of -app? Ons het ʼn vinnige begingids vir nuwe en bestaande gebruikers saamgestel om u stap vir stap met video’s deur elke funksie te neem sodat u die meeste uit die BibleSA-webwerf of -app kan kry.
Nuwe Bybelvertaling en Bekendstelling – Afrikaans 2020-vertaling
Ons kondig met groot opgewondenheid aan dat Die Bybel 2020-vertaling op Sondag 29 November 2020 by die Kopanong Ouditorium (Kovsie Kerk) in Bloemfontein bekendgestel word. Die diens word regstreeks om 14:30 uitgesaai op die Bybelgenootskap se YouTube-kanaal asook die Facebook-blad. Meer as 9 000 eksemplare van Die Bybel 2020-vertaling is al verkoop sedert die Bybel vanaf 19 Oktober beskikbaar gestel is. Die eksemplare wat die Deuterokanonieke boeke bevat is reeds uitverkoop.
Ons kondig met groot opgewondenheid aan dat die nuwe vertaling van die isiZulu Bybel op Sondag 18 Oktober 2020 in Ulundi in KwaZulu-Natal bekendgestel is. ʼn Hele nuwe generasie Zulusprekers kan nou met nuwe oë en insig die Woord van God lees.
Deur God se genade kon Bybelgenootskappe wêreldwyd daarin slaag om oor die afgelope vyf jaar 1,8 miljard Bybels en Bybelgedeeltes te versprei. Daarmee saam was 2019 ook ’n rekordjaar vir Bybelverspreiding.
Premium-lede sal toegang tot addisionele Bybelstudiemateriaal verkry. Kontak ons gerus by BibleSA@biblesociety.co.za indien u wil deelneem aan ons Premium Lidmaatskap beta-toets.
“Ons missie is nie om boekrakke vol te maak nie maar om harte te vul met die woorde van die Skrif wat mense se lewens verander.”