Die Bybel vir almal (ABA)
Hierdie Bybel is vir Dowes wat doof gebore is of wat Gebaretaal gebruik. Die vertalers het die Bybel so vertaal dat die meeste Dowes dit sal kan lees en verstaan:
• Daar is baie woorde wat ons nie makliker kan vertaal nie. By hierdie woorde is daar ’n sterretjie (*). Wanneer iemand die Bybel lees en hy sien n sterretjie by ’n woord, dan moet hy onder aan die bladsy kyk. Daar verduidelik ons wat die woord of woorde beteken.
• Agter in die Bybel is daar ’n Woordelys. Al die woorde waar daar sterretjies is, is ook in die Woordelys.
• Die kaarte en prente in Die Bybel vir Dowes sal help om te weet waar plekke was en hoe party dinge gelyk het.