Nuwe Bybelvertaling en Bekendstelling – Afrikaans 2020-vertaling
Ons kondig met groot opgewondenheid aan dat Die Bybel 2020-vertaling op Sondag 29 November 2020 by die Kopanong Ouditorium (Kovsie Kerk) in Bloemfontein bekendgestel word. Die diens word regstreeks om 14:30 uitgesaai op die Bybelgenootskap se YouTube-kanaal asook die Facebook-blad. Meer as 9 000 eksemplare van Die Bybel 2020-vertaling is al verkoop sedert die Bybel vanaf 19 Oktober beskikbaar gestel is. Die eksemplare wat die Deuterokanonieke boeke bevat is reeds uitverkoop.