Nuwe Leesplan – Loof Hom Hierdie 23-dag leesplan vertel die verhale van God se vermoë om ons omstandighede te verander. Geniet u Bybelleesreis!
BibleSA-app
Kry gratis toegang tot die Bybels in al 11 amptelike tale van Suid-Afrika of luister aanlyn na verskillende Oudiobybels, alles in een app. Pas u Bybelleeservaring volgens u behoeftes aan en kry toegang tot leesplanne, dagstukkies en Bybelverse.
Gratis addisionele Bybel materiaal
• Toegang tot meer as 1100 onderwerpe en agtergrondartikels in Afrikaans en Engels (637 onderwerpe vir isiZulu) • 52 volkleurkaarte • Skep vandag u gratis rekening (klik op die "Registreer"-knoppie in die boonste werkbalk)
Onseker oor hoe om iets te doen op die BibleSA-webwerf of -app? Ons het ʼn vinnige begingids vir nuwe en bestaande gebruikers saamgestel om u stap vir stap met video’s deur elke funksie te neem sodat u die meeste uit die BibleSA-webwerf of -app kan kry.
Die Bybel vir almal (ABA)
Hierdie Bybel is vir Dowes wat doof gebore is of wat Gebaretaal gebruik. Die vertalers het die Bybel so vertaal dat die meeste Dowes dit sal kan lees en verstaan: • Daar is baie woorde wat ons nie makliker kan vertaal nie. By hierdie woorde is daar ’n sterretjie (*). Wanneer iemand die Bybel lees en hy sien n sterretjie by ’n woord, dan moet hy onder aan die bladsy kyk. Daar verduidelik ons wat die woord of woorde beteken. • Agter in die Bybel is daar ’n Woordelys. Al die woorde waar daar sterretjies is, is ook in die Woordelys. • Die kaarte en prente in Die Bybel vir Dowes sal help om te weet waar plekke was en hoe party dinge gelyk het.
Dit is bemoedigend dat ondanks die chaos wat Covid-19 wêreldwyd tot gevolg gehad het, Bybelgenootskappe regoor die wêreld in die afgelope jaar steeds daarin kon slaag om Bybels en Bybelgedeeltes in 66 tale, wat deur 707 miljoen mense gebruik word, bekend te stel.
Nuwe Bybelvertaling en Bekendstelling – Afrikaans 2020-vertaling
Ons kondig met groot opgewondenheid aan dat Die Bybel 2020-vertaling op Sondag 29 November 2020 by die Kopanong Ouditorium (Kovsie Kerk) in Bloemfontein bekendgestel word. Die diens word regstreeks om 14:30 uitgesaai op die Bybelgenootskap se YouTube-kanaal asook die Facebook-blad. Meer as 9 000 eksemplare van Die Bybel 2020-vertaling is al verkoop sedert die Bybel vanaf 19 Oktober beskikbaar gestel is. Die eksemplare wat die Deuterokanonieke boeke bevat is reeds uitverkoop.
Ons kondig met groot opgewondenheid aan dat die nuwe vertaling van die isiZulu Bybel op Sondag 18 Oktober 2020 in Ulundi in KwaZulu-Natal bekendgestel is. ʼn Hele nuwe generasie Zulusprekers kan nou met nuwe oë en insig die Woord van God lees.