Bible Society of South Africa

Twee blinde mense kan weer sien en Jesus laat ‘n stom man praat

Deur Driekie Olwage

Terwyl Jesus eendag in die pad afstap het twee blinde mans agter Hom geloop. Hulle het aangehou om hard te sê: “Jesus, Seun van Dawid, wees barmhartig teenoor ons. Help ons!” Toe Jesus by die huis kom, het die blindes nader gekom na Hom toe. Hy het vir hulle gevra: “Glo julle dat Ek julle gesond kan maak?”

“Ja, Here.” Het hulle geantwoord.

Toe raak Jesus aan hulle oë en Hy sê: “Julle glo dat Ek julle gesond kan maak. Daarom sal dit nou gebeur.”

Op daardie oomblik het hulle oë gesond geword, en hulle kon sien. Jesus het ernstig met hulle ook gepraat en gesê: “Julle moenie vir iemand hiervan vertel nie.”

Maar toe hulle weggaan van Jesus, het hulle vir almal in daardie deel van die land vertel wat gebeur het.

Kort daarna, het die mense ’n man na Jesus gebring wat nie kan praat nie. Daar was ’n duiwel in hom wat hom stom gemaak het. Jesus het die duiwel uit die man uitgejaag, en toe kon die man weer praat. Al die mense was baie verbaas: “So iets het nog nooit hier by ons, die volk Israel, gebeur nie.” Het hulle gesê.

Matteus 9:27-33

Aktiwiteite:

Die Bybel vir almal 2008 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008.
Oudio-opname deur Driekie Olwage ℗ 2021.
Slegs vir privaat gebruik. Nie vir herverspreiding nie. Geen veranderinge word toegelaat nie

Illustrasie © www.lambsongs.co.nz

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS