Bible Society of South Africa

‘n Dowe man kan weer hoor!

Jesus het weer weggegaan van die plekke naby die stad Tirus en na die See van Galilea gegaan.

Die mense bring toe 'n dowe man wat swaar gepraat het, na Jesus toe. Hulle het vir Jesus gesoebat: “Jesus, sit asseblief u hand op hierdie man en maak hom gesond.”

Jesus het die man weggeneem van die ander mense. Hy het sy vinger in die man se ore gesteek en Hy het spoeg aan die man se tong gesmeer. 

Toe kyk Hy op na die hemel en sug hard. Hy het vir die man gesê: “Ephpatha!” Dit beteken “Gaan oop!”

Die man kon dadelik hoor. Sy tong het los geword en hy het reg gepraat. 

Jesus het vir die mense gesê hulle mag vir niemand daarvan vertel nie. Hy het dit baie vir hulle gesê, maar hulle het aangehou om vir ander mense te vertel wat gebeur het. 

Die mense was baie verbaas en hulle het gesê: “Alles wat Jesus gedoen het, is goed. Hy laat dowes hoor en Hy laat mense wat stom is, praat.”

Markus 7:31-37

Aktiwiteite:

Die Bybel vir almal 2008 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008.
Oudio-opname deur Driekie Olwage ℗ 2021.
Slegs vir privaat gebruik. Nie vir herverspreiding nie. Geen veranderinge word toegelaat nie

Illustrasie © Standard Publishing, www.standardpub.com

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS