Bible Society of South Africa

Jesus maak baie mense gesond

Deur Driekie Olwage

Vandaar het Jesus en sy dissipels uit die sinagoge na die huis van Simon en Andreas gegaan. Jakobus en Johannes was ook by hulle.

Simon se skoonma was siek in die bed. Sy het ’n hoë koors gehad en die mense het dadelik vir Jesus vertel dat sy siek is.

Hy het na haar toe gegaan en haar hand geneem. Hy het haar gehelp om op te staan. Die koors het net daar weggegaan, en sy het vir hulle gaan kos maak.

In die aand toe die son al onder was en die Sabbatdag verby was, het die mense aangehou om siekes en mense wat duiwels in hulle gehad het na Jesus te bring. Al die mense van die stad het bymekaargekom by die deur van die huis.

Jesus het baie mense gesond gemaak wat verskillende soorte siektes gehad het. Hy het ook baie duiwels uit die mense gejaag. Jesus het gesê die duiwels mag nie praat nie, want die duiwels het geweet wie Hy is.

Baie vroeg die volgende oggend, toe dit nog donker was, het Jesus opgestaan en uitgegaan. Hy het na ’n stil plek gegaan om alleen te wees en daar het Hy gaan bid.

Markus 1:29-34

Aktiwiteite:

Die Bybel vir almal 2008 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008.
Oudio-opname deur Driekie Olwage ℗ 2021.
Slegs vir privaat gebruik. Nie vir herverspreiding nie. Geen veranderinge word toegelaat nie.

Illustrasie © www.lambsongs.co.nz

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS