Bible Society of South Africa

Jesus loop op die see

Jesus het eendag vir sy dissipels die opdrag gegee om in die boot te klim en sonder Hom na die ander kant van die see te gaan. Hy wou eers vir die mense, vir wie Hy geleer het sê hulle moet huis toe gaan.

Nadat Jesus al die mense huis toe gestuur het, het Hy alleen teen die berg opgegaan om te bid. Dit het donker geword en Jesus was alleen daar.

Die boot was teen daardie tyd ver van die land af. Skielik het die branders die boot begin rondgooi, want die wind het sterk van voor gewaai.

Vroeg die volgende oggend, voordat dit lig geword het, het Jesus na die dissipels toe gekom. Hy het op die see geloop.Toe sy dissipels Hom op die water sien loop, het hulle baie bang geword, “Dit is 'n spook!” het hulle gesê.

Hulle het hard geskree. Jesus het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Toemaar, dit is Ek! Moenie bang wees nie.”

"Here, as dit U is, sê dan ek moet op die water na U toe loop.” Het Petrus uitgeroep.

“Kom!” het Jesus gesê.

Net daar klim Petrus toe uit die boot, en begin op die water na Jesus toe loop. Maar die wind het sterk gewaai en Petrus het sy oë afgehaal van Jesus af en na die wind gekyk, en hy het baie bang geword. En net daar begin hy toe sink en skree hardop: “Here, red my!”

Jesus het dadelik sy hand uitgesteek, vir Petrus gegryp, en vir hom gesê: “Hoekom is jou geloof so min, hoekom het jy begin twyfel?”

Hulle het in die boot geklim, en die wind het opgehou waai. Die mense wat in die boot was, het voor Jesus gekniel en vir Hom gesê: “U is Waarlik, die Seun van God.”

Matteus 14:22-33

Aktiwiteite:

Die Bybel vir almal 2008 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008.
Oudio-opname deur Driekie Olwage ℗ 2021.
Slegs vir privaat gebruik. Nie vir herverspreiding nie. Geen veranderinge word toegelaat nie

Illustrasies © www.lambsongs.co.nz/Richard Gunther

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS