Bible Society of South Africa

Die wonder van 2 vissies en 5 broodjies

Deur Driekie Olwage

Jesus het eendag vir sy disippels gesê hulle moet saam met Hom gaan na die stad Betsaida sodat hulle alleen kon wees. Maar toe die mense hoor waarnatoe hulle gaan, het hulle ook daarnatoe gegaan. Jesus het vir hulle gewag en toe met hulle begin praat en vir hulle gesê, God is Koning en Hy regeer!

Jesus het ook die mense gesond gemaak wat graag gesond wou word. Dit het laat geword, en die twaalf dissipels het na Jesus toe gekom en gesê: “U gaan die mense moet wegstuur sodat hulle na die dorpies en plase hier naby kan gaan om slaapplek en kos te kry. Hier waar ons is, is niks kos nie.”

“Gee júlle vir hulle kos om te eet.” Het Jesus geantwoord.

“Ons?! Ons het net vyf brode en twee visse. Ons kan nie vir al hierdie mense kos gee nie, ons sal moet gaan kos koop.” Het die disippels verbaas gesê.

Daar was baie mense. Die mans was omtrent 5 000. Jesus sê toe vir sy dissipels: “Sê vir die mense hulle moet in groepe van omtrent 50 bymekaar sit.”

Die dissipels het dit gedoen en vir al die mense gesê hulle moet sit. Toe het Jesus die vyf brode en twee visse geneem. Hy het opgekyk na die hemel, God geprys en dankie gesê vir die kos. Daarna het Hy die kos in stukke gebreek en Hy het dit vir die dissipels gegee en hulle het dit vir die mense uitgedeel.

Almal het genoeg geëet. Toe die mense klaar geëet het, het die dissipels twaalf mandjies vol stukkies kos opgetel wat oorgebly het.

Lukas 9:10-17

Aktiwiteite:

Die Bybel vir almal 2008 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008.
Oudio-opname deur Driekie Olwage ℗ 2021.
Slegs vir privaat gebruik. Nie vir herverspreiding nie. Geen veranderinge word toegelaat nie.

Illustrasies © www.lambsongs.co.nz en Sue Bentley / FreeBibleimages.org

Bible Society of South Africav.4.27.6
VOLG ONS