Bible Society of South Africa

Die weduwee se seun

Deur Driekie Olwage

Nie lank daarna nie het Jesus na die stad Nain gegaan. Sy dissipels en baie ander mense het saam met Hom gegaan.

Toe Jesus naby die poort van die stad kom, sien Hy mense wat na ’n graf toe loop om iemand te begrawe. Dit was ’n weduwee se enigste seun wat gesterf het. Baie van die stad se mense was saam met haar.

Toe Jesus haar sien, was Hy baie jammer vir haar: “Jy moenie huil nie.” Het Hy vir haar gesê.

Jesus gaan toe nader en raak aan die kis waarin hulle die liggaam van die jongman gedra het. Die manne wat die lyk gedra het, het gaan staan. Toe sê Jesus: “Jongman, Ek sê vir jou, staan op.”

Die jongman wat dood was, het regop gesit en begin praat. So het Jesus die jongman teruggegee vir sy ma.

Al die mense was verbaas en bang oor wat gebeur het. Hulle het God geprys en gesê: “’n Belangrike profeet het by ons gekom.” Hulle het ook gesê: “God het sy volk kom help.”

Die mense in die hele provinsie Judea en die plekke daar naby het gehoor wat Jesus hier gedoen het.

Lukas 7:11-17

Aktiwiteite:

Die Bybel vir almal 2008 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008.
Oudio-opname deur Driekie Olwage ℗ 2021.
Slegs vir privaat gebruik. Nie vir herverspreiding nie. Geen veranderinge word toegelaat nie.

Bible Society of South Africav.4.27.6
VOLG ONS