Bible Society of South Africa

Die storm word stil

Deur Driekie Olwage

Op ’n dag het Jesus weer langs die meer begin om die mense te leer. Die skare het al groter geword, en Hy het weer in ’n bootjie geklim terwyl die mense op die kant bly staan het. Hy het die mense deur stories geleer. Teen die aand het Jesus vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan oor na die ander kant van die meer.”

Die dissipels het weggegaan van die groot klomp mense. Jesus was nog in die boot en die dissipels het Hom saamgeneem. Daar was ook ander bote saam met hulle. ’n Sterk stormwind het begin waai en die branders het so hoog teen die boot begin slaan dat die boot vol water begin word het. Jesus het agter in die boot op ’n kussing gelê en slaap. Die dissipels maak Hom toe wakker en hulle vra vir Hom: “Meester, is U nie bekommerd oor ons nie? Ons sal verdrink!”

Jesus het opgestaan en Hy het kwaai met die wind gepraat. Hy het vir die see gesê: “Bly stil! Word kalm!”

Die wind het opgehou waai en die see het stil en kalm geword. Jesus vra toe vir hulle: “Hoekom is julle bang? Glo julle nou nog nie in My nie?”

Die dissipels het baie bang geword. Hulle sê toe vir mekaar: “Wie is hierdie Man? Ook die wind en die see luister na Hom.”

Markus 4:35-41

Aktiwiteite:

Die Bybel vir almal 2008 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008.
Oudio-opname deur Driekie Olwage ℗ 2021.
Slegs vir privaat gebruik. Nie vir herverspreiding nie. Geen veranderinge word toegelaat nie.

Illustrasie © www.lambsongs.co.nz

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS