Bible Society of South Africa

Die storie van die melaatse man

Deur Driekie Olwage

Op ’n dag het Jesus in ’n stad gekom. Daar was ’n melaatse man. Toe die melaatse man vir Jesus sien, het hy voor Jesus op die grond geval met sy gesig teen die grond. Hy het vir Jesus gesoebat en gesê: “Jesus, as U wil, kan U my gesond maak.”

Jesus het sy hand uitgesteek en aan die man geraak en gesê: “Ek wil dit doen. Ek maak jou gesond.” Dadelik was die man nie meer melaats nie.

“Jy moet dit vir niemand vertel nie.” Het Jesus vir die man gesê, en toe verder gepraat: “Gaan wys vir die priester jy is gesond en doen dan wat Moses in die wette geskryf het. Bring die offers omdat jy rein geword het. Dan sal die priesters weet jy is rein.”

Die mense het toe nog meer gepraat oor alles wat Jesus gedoen het. Baie mense het bymekaargekom om na Jesus te luister. Hulle wou ook hê Jesus moet hulle siektes gesond maak.

Jesus het baie mense gesond gemaak, maar Hy het ook altyd graag na stil plekke gegaan om alleen te wees en daar te bid.

Lukas 5:12-14

Aktiwiteite:

Bybel vir Almal 2008 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008.
Oudio-opname deur Driekie Olwage ℗ 2021.
Slegs vir privaat gebruik. Nie vir herverspreiding nie. Geen veranderinge word toegelaat nie.

Illustrasie © www.lambsongs.co.nz

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS