Bible Society of South Africa

Die Romeinse offisier se slaaf

Deur Driekie Olwage

Op ’n keer het Jesus weer na die stad Kapernaum gegaan. Daar het ’n Romeinse offisier gewoon. Hy het ’n baie goeie slaaf gehad, maar die slaaf was ernstig siek. Hy was amper dood.

Die offisier het gehoor van Jesus en hy stuur toe van die Joodse leiers na Jesus toe om hom te gaan vra om sy slaaf te kom gesond maak. Die leiers kom toe by Jesus en soebat en sê vir hom: “Hierdie offisier is ’n baie goeie man. U moet asseblief sy slaaf gesond maak. Die offisier is lief vir die Joodse volk en hy het ook ons sinagoge gebou.”

Jesus het saam met hulle gegaan.

Toe hy naby die offisier se huis kom, kom ’n paar van die offisier se vriende na Jesus toe. Hulle het vir Jesus ’n boodskap van die offisier gebring. Hulle het gesê die offisier sê: “Here, dit is nie nodig dat u kom nie. Ek is nie ’n Jood nie. Ek is nie goed genoeg dat U in my huis kom nie. Dit is hoekom ek nie self na u toe gegaan het nie. Ek is nie goed genoeg nie. Nee, U kan net sê dat my slaaf moet gesond word, dan sal hy gesond word. Ek is self ’n man wat moet doen wat ’n belangriker offisier vir my sê, en ek het soldate wat moet doen wat ek vir hulle sê. Wanneer ek vir een sê hy moet gaan, dan gaan hy. En wanneer ek vir ’n ander een sê hy moet kom, dan kom hy. Wanneer ek vir my slaaf sê hy moet iets doen, dan doen hy dit.”

Toe Jesus dit hoor, was Hy verbaas. Hy draai toe om na die mense wat saam met Hom geloop het en Hy sê vir hulle: “Ek sê vir julle, ek het nog nooit eens ’n Israeliet gesien wat so sterk glo nie.”

Toe die offisier se vriende weer by sy huis kom, het hulle gesien die slaaf is heeltemal gesond.

Matteus 8:5-10,13

Aktiwiteite:

Die Bybel vir almal 2008 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008.
Oudio-opname deur Driekie Olwage ℗ 2021.
Slegs vir privaat gebruik. Nie vir herverspreiding nie. Geen veranderinge word toegelaat nie.

Bible Society of South Africav.4.27.6
VOLG ONS