Bible Society of South Africa

Die man met die gebreklike hand

Deur Driekie Olwage

Op ’n ander Sabbatdag het Jesus na die sinagoge gegaan en Hy het vir die mense geleer.

Daar was ’n man, sy regterhand was gebreklik.

Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het Jesus dopgehou om te kyk of Hy die man op die Sabbatdag gesond sal maak. As Jesus dit doen, dan wou hulle Hom beskuldig dat Hy verkeerd gedoen het.

Maar Jesus het geweet wat hulle dink. Hy sê toe vir die man met die gebreklike hand: “Kom staan hier tussen die mense sodat almal jou kan sien.”

Die man het gedoen wat Jesus gesê het. Jesus sê toe vir die skrifgeleerdes en die Fariseërs: “Sê vir My, mag ’n mens op die Sabbatdag goed doen of verkeerd doen? Mag ’n mens iemand se lewe red, of mag ’n mens hom doodmaak?”

Jesus het na al die mense rondom Hom gekyk en Hy het vir die man gesê: “Steek jou hand uit.”

Die man het dit gedoen, en sy hand was skielik gesond.

Die skrifgeleerdes en Fariseërs het baie kwaad geword, hulle was woedend. Hulle het planne gemaak en gedink wat hulle met Jesus kan doen.

Lukas 6:6-11
(Ook Matteus 12:9-10, 12-14; Markus 3:1-6)

Aktiwiteite:

Die Bybel vir almal 2008 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008.
Oudio-opname deur Driekie Olwage ℗ 2021.
Slegs vir privaat gebruik. Nie vir herverspreiding nie. Geen veranderinge word toegelaat nie.

Illustrasie © www.lambsongs.co.nz

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS