Bible Society of South Africa

Die man met die onrein gees

Deur Driekie Olwage

Jesus en sy dissipels het op ’n dag in die stad Kapernaum gekom. Op die Sabbatdag daarna het Jesus reguit na die sinagoge gegaan en Hy het daar begin om vir die mense te leer.

Die mense was baie verbaas oor hoe Jesus vir hulle geleer het, want hulle het besef dat dit wat Hy gesê het van God kom. Jesus het vir hulle nie geleer soos hulle skrifgeleerdes dit gedoen het nie.

Skielik kom daar toe ’n man met ’n onrein gees in die sinagoge in. Die gees het geskree: “Jesus van Nasaret, wat wil U met ons doen? Het U gekom om ons dood te maak? Ek weet wie U is: U is die Heilige wat van God kom.”

Jesus het met die onrein gees geraas en gesê: “Bly stil en gaan uit die man uit!”

Die onrein gees het die man op die grond laat val en die man het geruk en geskop. Die gees het hard geskree en uit die man uitgegaan.

Almal was baie verbaas en hulle het aangehou praat daaroor. “Wat het gebeur? Hierdie man leer vir die mense iets wat anders is. Dit kom van God af. Het julle gehoor, Hy sê ook vir die onrein geeste wat hulle moet doen, en hulle is gehoorsaam aan hom.”

Die mense het oral in die hele provinsie Galilea gepraat oor wat Jesus gedoen het.

Markus 1:21-27

Aktiwiteite:

Die Bybel vir almal 2008 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008.
Oudio-opname deur Driekie Olwage ℗ 2021.

Slegs vir privaat gebruik. Nie vir herverspreiding nie. Geen veranderinge word toegelaat nie.

Bible Society of South Africav.4.27.6
VOLG ONS