Bible Society of South Africa

Die amptenaar se seun

deur Driekie Olwage

Op ’n dag is Jesus terug in Galilea. In die stad Kapernaum was daar ’n amptenaar van die koning. Die amptenaar se seun was baie siek. Hy het gehoor dat Jesus van die provinsie Judea na Galilea gekom het. Hy het na Jesus toe gegaan en gevra om na Kapernaum toe te kom en sy seun gesond te maak, want sy seun was baie siek, hy was amper dood.

Jesus het vir hom gesê: “Julle wil altyd wondertekens en wonderwerke sien. As julle dit nie sien nie, dan wil julle nie glo nie!”

Die amptenaar van die koning sê toe vir Jesus: “Here, kom asseblief gou voor my seuntjie sterf!” Toe antwoord Jesus hom: “Jy kan huis toe gaan. Jou seun sal nie sterf nie.”

Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het en hy het huis toe gegaan.

Terwyl hy nog oppad huis toe was, het sy slawe by hom gekom. “Meneer, u seun is gesond.” “Wat! Wanneer het hy beter geword?” Het die amptenaar vir sy slawe gevra. “Gistermiddag eenuur, toe het hy nie meer koors gehad nie,” het hulle geantwoord.

Die pa het toe besef dit was presies dieselfde tyd toe Jesus vir hom gesê het: “Jou seun sal nie sterf nie.” Hy en almal in sy huis het toe in Jesus geglo.

Dit was die tweede wonderteken wat Jesus in Kana gedoen het.

Johannes 4:43-54

Aktiwiteite:

Die Bybel vir almal 2008 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007, 2008.
Oudio-opname deur Driekie Olwage ℗ 2021.
Slegs vir privaat gebruik. Nie vir herverspreiding nie. Geen veranderinge word toegelaat nie.

Illustrasie © www.lambsongs.co.nz

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS