Bible Society of South Africa

Die geboorte van Jesus

Josef en Maria moes van Nasaret na Betlehem toe gaan. Toe hulle in Betlehem kom, was daar nie plek vir hulle in die herberg nie.

In Betlehem het Maria ’n babaseuntjie gekry. Sy het Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê.

Daar was skaapwagters wat in die oop veld gebly het. In die nag het hulle oor hulle skape wag gehou.

Meteens staan daar ’n engel by die herders.’n Helder lig het rondom hulle geskyn en hulle het baie groot geskrik.

Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie. Ek bring julle ’n goeie boodskap. Jesus is vandag in Betlehem gebore. Hy is die Here. Julle sal ’n kindjie kry wat in doeke toegedraai is. Hy lê in ’n krip.”

Skielik was daar ’n klomp engele uit die hemel. Hulle sing: “Eer aan God in die hemel. Vrede op aarde vir die mense vir wie die Here liefhet.”

Toe het die engele weggegaan na die hemel toe.

Die herders sê vir mekaar: “Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het.”

Hulle gaan toe en kry vir Maria en Josef en die Kindjie wat in die krip lê.

Sterrekykers het vir Jesus kom soek. Hulle het baie ver uit die ooste gekom.Die ster het hulle gehelp
om vir Jesus te kry.

Die ster het gaan staan bo die plek waar die Kindjie was. Die sterrekykers was baie bly toe hulle die ster sien.

Die sterrekykers het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met sy moeder gekry. Hulle het gekniel.

Toe gee hulle vir die Kindjie geskenke. Daar was goud, wierook en mirre.

Lukas 2:1-20
Matteus 2:1-12

Aktiwiteite:

Illustrasies deur Annie Vallotton © Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Inkleurprentjie © 2018, Bybelgenootskap van Brasilië (SBB)
Alle regte voorbehou.  www.sbb.org.br  Gebruik met toestemming.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS