Wat is nuut in September 2021?

Nuwe Leesplan – Die Rol Van Bome In Die Bybel

Hierdie 21-dag leesplan verduidelik die belangrikheid van bome in die Bybel en wat ons by hulle kan leer. Geniet u Bybelleesreis!

  • Jy kan inteken op hierdie leesplan op die BibleSA-app om daaglikse kennisgewings te ontvang.

Nuwe Leesplan – Spreuke: Eenjaarleesplan

Hierdie 365-dag leesplan is ‘n versameling van God-gegewe oortuigings, oor die breë spektrum van die lewe en is daarom ‘n goudmyn van slagspreuke vir die lewe. Dit leer jou die geheim van die lewe ken, sodat jy met wysheid en oorleg kan leef en die dwaasheid kan vermy. Dit is daarom ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en/of opvoeding te gebruik. Met die waarhede en wyshede van die boek Spreuke as gids kan ook jy ‘n ekspert in die lewe word!

Spreuke – Eenjaarleesplan © Chris van Wyk 2021 van die Bybelskool.

  • Jy kan inteken op hierdie leesplan op die BibleSA-app om daaglikse kennisgewings te ontvang.

Video – Hoe om ‘n Bybelvers te deel (mobi-webwerf)

Kyk video

Onseker hoe om iets op die BibleSA-webwerf of -app te doen? Ons het ʼn vinnige begingids saamgestel vir nuwe en bestaande gebruikers om u deur stap-vir-stap-video’s te neem, sodat u die meeste uit die BybelSA-webwerf of -app kan kry.

Gepubliseer op Dinsdag 14 September 2021