Wat is nuut in November 2020?

Nuwe Leesplan — ʼn Nuwe Begin

ʼn Nuwe begin by God is moontlik, ongeag hoe geestelik laag ons gedaal het. Of u nou deel van ʼn geloofsgemeenskap of ʼn individuele gelowige is wat in sonde verval het, ons God is die God van ʼn nuwe begin! Hierdie 10-dag leesplan bevat verskeie Skrifgedeeltes wat handel oor onderwerpe soos lofprying, vrede met God in tye van teenspoed, verering, vertroue in die Here, en meer.

Welkom Bybel.co.za Gebruikers

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het ʼn opwindende nuwe platform getiteld BibleSA bekendgestel waar u die Bybel in al 11 amptelike tale van Suid-Afrika kan lees en bestudeer. Daarom word ons webtuistes www.bybel.co.za en www.bibles.co.za einde November 2020 na die BibleSA-platform oorgeskuif.

Gebruik jy die nuutste weergawe van die BibleSA-app?

Voordele van die nuutste weergawe van die app sluit in:

  • Laai Bybels in al 11 amptelike tale van Suid-Afrika af op jou foon – absoluut gratis.
  • Luister na verskeie Oudiobybels wanneer jy aanlyn is.
  • ʼn Opsie om daaglikse leesplanne en Bybelverse soggens te ontvang.
  • Nuwe inhoud sluit ook die isiZulu 2020-vertaling in wat onlangs bekendgestel is.

Die nuutste weergawe van die BibleSA-app is nou op beide Google Play en die Apple App Store beskikbaar.

Gepubliseer op Donderdag 5 November 2020