Wat is nuut in Februarie 2021?

Volkleurkaarte (Premium Inhoud)

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het onlangs 49 volkleurkaarte bygevoeg in die hulpbronafdeling op BibleSA en dit is beskikbaar vir alle premium lede. Kontak ons gerus by BibleSA@biblesociety.co.za indien jy wil deelneem aan ons premium lidmaatskap beta-toets.

Indien jy reeds ʼn premium lidmaatskap koopbewys-kode het:
Indien jy reeds ʼn koopbewys-kode het, kan jy dit in My Profiel invoer en aktiveer.

Evangeliese Gebaretaalvideo’s

In samewerking met Hands With Words bied die Bybelgenootskap van Suid-Afrika met trots die eerste van baie stelle Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) Bybelgedeeltes in video-formaat aan. Elke vertaling van ʼn SAGT Bybelverhaal bestaan uit ʼn onderwerp, inleiding en meer inligting.

Nuwe Leesplan – Hoe om te leef

Het jy al ooit gewonder hoekom jy bestaan of hoe jy moet lewe? Hierdie 16-dag leesplan bevat talle Skrifgedeeltes om jou beter te laat verstaan waarom jy bestaan en hoe God van jou verwag om te lewe.

Gepubliseer op Vrydag 12 Februarie 2021