Nuwe Bybelvertaling & Bekendstelling – IsiZulu 2020

Ons kondig met groot opgewondenheid aan dat die nuwe vertaling van die isiZulu Bybel op Sondag 18 Oktober 2020 in Ulundi in KwaZulu-Natal bekendgestel is. ʼn Hele nuwe generasie Zulusprekers kan nou met nuwe oë en insig die Woord van God lees.

Die vertaling van die isiZulu Bybel wat tans die meeste deur die Zuluvolk gebruik word, is ouer as 60 jaar en baie van die woorde wat daarin vervat is, is onbekend aan jonger lesers. Om iemand se gesig te sien wat vir die eerste keer God se Woord in sy of haar eie taal lees, is voorwaar ʼn spesiale oomblik.

Geskiedenis van isiZulu Bybel 2020:
Klik hier om die geskiedenis en agtergrond van die isiZulu Bybel vertalings in Suid-Afrika te lees.

Lees aanlyn of via die BibleSA-app:
Nou beskikbaar om aanlyn te lees op BibleSA of via die BibleSA-app vir alle gebruikers met ʼn gratis profiel.

Gedrukte Bybels:
Klik hier om u eksemplaar van die Bybel te koop.

E-Bybels:
Volledige isiZulu 2020-vertaling e-Bybel met ʼn leservriendelike uitleg asook kruisverwysings, voetnote en kaarte. Beskikbaar in Kobo- en Kindle-formaat.

Nuwe Leesplan — Jesus

Jesus Leesplan

Het jy al ooit gewonder wie Jesus is en hoe sy lewe was? Wat sê die Bybel oor Jesus en die soort liefde waarna Hy verwys? Hierdie 20-dag leesplan bevat verskeie Skrifgedeeltes om jou op die pad te lei en te wys hoe jou geloof vir jou kan werk. Jou reis met God begin hier!

Gepubliseer op Donderdag 15 Oktober 2020