Nuuste weergawe van BibleSA-app nou beskikbaar!

Het jy al die BibleSA-app op jou foon afgelaai?

Die jongste weergawe van hierdie app is nou in beide Google Play en Apple App Store beskikbaar.

Met die BibleSA-app kan Bybels in al 11 amptelike tale van Suid-Afrika op jou foon aflaai – absoluut gratis. Hierdie Bybels kan gelees word, selfs wanneer jy nie aanlyn is nie.

Daar is ook verskeie Oudiobybels waarna jy kan luister wanneer jy wel aanlyn is. Wanneer jy jou ’n rekening geskep het, kan jy die Bybel deur ’n verskeidenheid leesplanne, daaglikse oordenkings verken, terwyl jy ook die opsie het om elke oggend ’n Bybelvers te ontvang.

Van die nuwe inhoud wat tot die jongste weergawe bygevoeg is, sluit in leesplanne in Afrikaans asook ’n oudioweergawe van die Engelse Good News Bybel.

Om te verseker dat jy al die voordele van die BibleSA-app geniet, maak seker dat jy die jongste weergawe aflaai.

Gepubliseer op Vrydag 3 Julie 2020
Hierdie webwerf word aan jou gebring deur die Bybelgenootskap van Suid Afrika. Deur BibleSA te gebruik, stem jy in tot ons Privaatheidsbeleid en Bepalings en Voorwaardes.[Verberg boodskap]