Gratis Bybel-apps vir almal!
1. BibleSA-app
![]() | Kry gratis toegang tot die Bybels in al 11 amptelike tale van Suid-Afrika of luister aanlyn na verskillende Oudiobybels, alles in een app. Pas u Bybelleeservaring volgens u behoeftes aan en kry toegang tot leesplanne, dagstukkies en Bybelverse. |
2. Taalspesifieke, liggewig Bybel-app
Laai gratis taalspesifieke Bybels af om vanlyn te lees. U kan verskillende vertalings vergelyk, u Bybelleeservaring volgens u behoeftes aanpas en Bybelverse kopieer of deel. Kompak/liggewig, vir klein lêergrootte en beperkte bandwydte. ʼn Losstaande app is beskikbaar vir elk van die 11 amptelike tale.
![]() | Die Bybel ‘53, ‘83, ABA, 2020 Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store Bybel in Afrikaans 2020-vertaling Bybel vir almal Bybel in Afrikaans 1983-vertaling met herformulerings tot en met 1992 Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling |
![]() | Die Bybel 1953 & 2020 HL Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met hoofletters Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling |
![]() | Bybel vir Dowes Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store Bybel vir dowes |
![]() | Bible for the Deaf Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store English Bible for the Deaf 2019 |
![]() | The Bible in isiZulu Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store Bible in isiZulu 2020 Bible in isiZulu 1959/1997 |
![]() | The Bible in isiXhosa Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store Bible in isiXhosa 1996 translation Bible in isiXhosa 1859/1975 |
![]() | The Bible in Sepedi Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store Bible in Sepedi 2000 translation Bible in Sepedi 1951/1986 translation |
![]() | The Bible in Sesotho Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store Bible in Sesotho 1989 translation (Standard Orthography) Bible in Sesotho 1909/1961 translation (Standard Orthography) |
![]() | The Bible in Setswana Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store Bible in Setswana 1970/1987 Bible in Setswana 1908/1992 |
![]() | The Bible in isiNdebele Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store Bible in isiNdebele 2012 translation |
![]() | The Bible in Siswati Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store Bible in Siswati 1996 translation |
![]() | The Bible in Xitsonga Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store Bible in Xitsonga 1989 translation Bible in Xitsonga 1929/2012 |
![]() | The Bible in Tshivenda Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store Bible in Tshivenḓa 1998 translation Bible in Tshivenḓa 1936 translation |
Watter app is die beste vir u?
Hier volg ʼn vergelyking van die twee soorte app’s langs mekaar om u te help besluit wat u die beste sal pas.
Funksie | BibleSA | Taalspesifieke app |
Lees volledige Bybels | Ja | Ja |
Bybels in al 11 amptelike tale | Ja | Ja (app per taal) |
Sluit nuutste 2020-Bybelvertaling vir Afrikaans en isiZulu in | Ja | Ja (op Afrikaans- en isiZulu-app onderskeidelik) |
Vergelyk verskeie Bybels (dubbelskerm) | Nee | Ja |
Merk verse | Ja | Ja |
Maak persoonlike aantekeninge vir verse | Ja | Ja |
Soek sleutelwoorde en frases in die Bybel | Ja | Ja |
Pas lettergrootte en spasiëring aan vir beter leesbaarheid | Ja | Ja |
Deel Bybelverse met ander | Ja | Ja |
Volg ons daaglikse Vers-ʼn-Dag leesstukkie | Ja | Nee |
Volg leesplanne met daaglikse herinnerings | Ja | Nee |
Luister na Oudiobybels | Ja (kan slegs gestroom word) | Nee |
Bybels beskikbaar | 25+ (om te stroom) of laai slegs spesifieke Bybels af om vanlyn te gebruik | Taalspesifiek, maar almal is beskikbaar om vanlyn te gebruik |
App bevat advertensies | Nee | Nee |
Aflaaigrootte | ±33MB (meer as u Bybels aflaai om vanlyn te gebruik) | ±20MB (afhangende van taal) |
Gratis rekening benodig om toegang tot alle funksies te verkry | Ja | Ja |
Datagebruik | As u Bybels lees wat nie op die toestel afgelaai is nie, klank stroom of leesplanne gebruik | Geen ná die aanvanklike aflaai van die app nie |
Platforms beskikbaar | Apple App Store Google Play Store BibleSA-webwerf | Besoek ons ontwikkelaarbladsye op die Google Play Store en Huawei AppGallery om al die beskikbare Bybel-apps te sien. LET WEL: Ons werk tans daaraan om die apps ook op die Apple App Store beskikbaar te stel. |
Koste | Gratis | Gratis |
3. Bybelstories-app (vir kinders)

Ses gewilde Bybelverhale vir kinders met kleurbeelde en vasvra-oefeninge wat onthouvermoë en basiese syfervaardigheid toets. Bybelverhale ingesluit: Die geboorte van Jesus, Jesus by die troue, Die barmhartige Samaritaan, Jesus maak die storm stil, Saggeus en Jesus leef!
Slegs beskikbaar in Afrikaans, Engels, IsiZulu, IsiXhosa en Sepedi. Laai dit gratis af op die Google Play Store en Huawei AppGallery (Apple App Store weergawes nog in ontwikkeling).
4. Selfone met Java-funksie
As u ʼn Java-selfoon met beperkte internettoegang en stoorplek het, het ons net die app vir u.
Alle selfone met Java behoort met hierdie app versoenbaar te wees, en u kan selfs die Bybel in afdelings aflaai as u baie beperkte stoorplek op u foon beskikbaar het.
Besoek https://m.bibles.co.za/ vir meer inligting.
Ondersteun ons Bybelwerk
Die programme is ontwikkel en gratis beskikbaar gestel deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. As u ons Bybelwerk verder wil ondersteun, kan u hier ʼn skenking maak.