Bybels vir dowes

Die Bybel vir almal (ABA)

Hierdie Bybel is vir Dowes wat doof gebore is of wat Gebaretaal gebruik. Die vertalers het die Bybel so vertaal dat die meeste Dowes dit sal kan lees en verstaan:

  • Daar is baie woorde wat ons nie makliker kan vertaal nie. By hierdie woorde is daar ’n sterretjie (*). Wanneer iemand die Bybel lees en hy sien n sterretjie by ’n woord, dan moet hy onder aan die bladsy kyk. Daar verduidelik ons wat die woord of woorde beteken.
  • Agter in die Bybel is daar ’n Woordelys. Al die woorde waar daar sterretjies is, is ook in die Woordelys.
  • Die kaarte en prente in Die Bybel vir Dowes sal help om te weet waar plekke was en hoe party dinge gelyk het.

Hierdie Bybel is die eerste in Afrikaans wat spesiaal vir Dowes vertaal is en is die tweede Bybel in die wêreld, spesiaal vir Dowes.

Lees Die Bybel vir almal gratis
U kan Die Bybel vir almal gratis lees op die BibleSA webwerf of app. U kan vir u gratis rekening registreer en dan die Bybel lees deur die volgende instruksies vir die BibleSA webwerf of mobiele app te volg en dan Die Bybel vir almal te kies.

Ook beskikbaar om hier te koop


English Bible for the Deaf (EBD)

God gave his Word to all people, hearing and Deaf, but most Deaf people who use Sign Language do not understand the words in other Bible translations. It would have been wonderful if all Deaf people could have a Sign Language Bible that they could see and understand, but Sign Languages and dialects are not the same and we would need more than 130 different Sign Language Bibles just for Africa. There is not one completed Sign Language Bible in the world, even more than 30 years after the first Sign Language Bible project in America began. There are also not enough Deaf people in Africa who have computers or DVD players (or smart phones) to watch a Sign Language Bible. That is why the Deaf people in Africa have asked for an English Bible for the Deaf using easy words and explaining the difficult ones. Our team of Deaf translators has helped us in doing this, and we pray that God will use this Bible to help Deaf people understand his Word and to believe it and glorify his Name. The Afrikaans Bible for the Deaf was the first Bible in the world that was translated by a Bible Society especially for Deaf readers, and this is the second Bible for the Deaf.

Read the English Bible for the Deaf for free
You can read the English Bible for the Deaf for free on the BibleSA website or mobile app. Register for your free account and then read the Bible using the following instruction guides on the BibleSA website or mobile app.

Also available for purchase here


Gebaretaalvideo’s

In samewerking met Hands With Words, bied die Bybelgenootskap van Suid -Afrika die eerste van vele stelle Suid-Afrikaanse Gebaretaal Bybelgedeeltes in videoformaat aan. Elke vertaling van die Bybelverhaal het sy eie onderwerp, inleiding en meer inligting.

Gepubliseer op Dinsdag 1 Desember 2020