Besoek ons aanlynwinkel

Die Bybelgenootskap se aanlynwinkel maak dit nou nog makliker om Bybels te koop.

Besoek ons aanlynwinkel en gaan loer gerus na ons keuse van Bybels en ander produkte.

Om ‘n Bybel te koop, moet ‘n rekening met ‘n e-posadres en ‘n wagwoord geskep word. Wanneer jy gereed is om te betaal, kan die bestelling bevestig word en moet die versendingsopsie en afleweringsadres gekies word.

Slegs Visa of MasterCard kaarte kan gebruik word om vir aankope te betaal. Sodra die betaling suksesvol afgehandel is, stuur ons verspreidingsvennoot, Booksite Afrika, die bestelling. Alle transaksies word deur Paygate, ‘n betroubare aanlynbetalingsdiensverskaffer bestuur. ‘n E-pos sal bevestig dat jou bestelling ontvang is.

Ons aanlynwinkel is op individue gemik en daarom beveel ons aan dat bestellings van 10 eenhede of meer eerder by een van ons verkoopsverteenwoordigers in die streke, geplaas word.

Ons katalogus en pryslys kan ook afgelaai word.

Gepubliseer op Dinsdag 1 Oktober 2019
Hierdie webwerf word aan jou gebring deur die Bybelgenootskap van Suid Afrika. Deur BibleSA te gebruik, stem jy in tot ons Privaatheidsbeleid en Bepalings en Voorwaardes.[Verberg boodskap]