Genade: Genade in aksie – 7 November 2022
Deur Louise Gevers
Bybelteks(te)
PSALMS 46
Dit is Maandagoggend en terwyl jy toe jy ou oë oopmaak beginjy reeds dink aan al die spanningsvolle dinge wat vandag op jou wag. Dit begin om jou gedagtes te oorheers en diep binne in jou raak jy paniekerig. Jy wens dat jy die vorige aand beter voorberei het, maar soos jy jou naweek in oënskou neem, besef jy dat dit nie moontlik was nie.
Jy sug, en begin om jou te doen-lysie in orde te kry. Terwyl jy daarmee besig is, dink jy aan die teksvers van gister se preek: “Wanneer my gees in my begin weifel, is dit U wat my pad ken.” (Psalm 146:4) Jy voel hoopvol en die paniek bedaar wanneer jy besef dat God reeds vooruit gegaan het en dat jy nie alleen is nie.
Jy begin om anders asem te haal, en sien uit na jou stiltetyd. Jy besef wat jy regtig op hierdie oomblik nodig het, is tyd in sy teenwoordigheid, tyd waar Hy jou kan herinner aan sy genade, dat jy aan Hom behoort en dat Hy vir jou omgee, “want deur Hom lewe [jy], beweeg [jy] en bestaan [jy]”. (Handelinge 17:28) Sy vrede vertroos jou en die onrustigheid in jou siel bedaar.
Om daagliks rustig met God ons Skepper te verkeer, is noodsaaklik vir ons welstand, “om die lieflikhede van die Here te aanskou” (Psalm 27:4) kalmeer jou gees en beheer jou denke wat voortdurend gebombardeer word met die wêreld se ontstellende gebeure: geweld, slegte nuus oor oorloë, die swak ekonomie, korrupsie en, in die woorde van die Skotse digter, Robert Burns, “man’s inhumanity to man”. Ons het Hom ook nodig om ons eie afleidings te monitor, wat miskien nie so ontspannend en gesond is as wat ons dink nie en wat aandag verg.
Paulus sou hom verheug het om so ‘n situasie te oorwin en ons kan ook. Paulus was geen vreemdeling wanneer dit by probleme en ‘n gevoel van ontoereikenheid gekom het nie. Hy het dit egter met oorgawe aangepak in die wete dat die genade van Christus aan hom behoort en dat daar niks is wat te moeilik vir Hom is nie: “Ter wille van Christus verheug ek my in swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede; want wanneer ek swak is, juis dan is ek sterk.” (2 Korinthiërs 12:10)
Paulus het die geheim ontdek dat wanneer hy swak is, hy meer voordeel kon trek uit die tyd wat hy in die teewoordigheid van Christus deurbring, want dan het hy volkome op God vertrou om hom krag te gee. Terwyl, wanneer hy op sy eie krag staatgemaak het, dit dikwels vir die vyand moontlik was om hom deur sy eie dwaaasheid en trots aan te val.
Ons beleef daagliks God se genade in aksie in ons lewens wanneer ons tyd met Hom spandeer en Hom beter leer ken. Hy red en hernu ons wanneer ons sy wysheid, genade en krag ontvang.
Gaan jy vandag bedaar en jou oor sy genade verwonder?
Gebed: Genadige Vader, “Dit is [U] wat vermoeides krag gee, wat lewenskrag vermeerder vir dié wat geen vermoëns het nie. Jong seuns word moeg en raak afgemat; jong manne struikel en val. Maar wie op die Here wag, herwin hulle krag; hulle kry nuwe vere soos arende. Hulle hardloop, maar raak nie afgemat nie, hulle loop, maar word nie moeg nie.” (Jesaja 40:29-31) Dankie dat ek “tot dit alles in staat [is] deur Hom wat my krag gee.” (Filippense 4:13) Amen