Bible Society of South Africa

Lesse van ma-wees: ’n Veilige hawe - 19 April 2024

Deur Charlea Grey

Bybelteks(te)

Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

1Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

en die beskerming van die Almagtige geniet,

2hy sê vir die Here:

“U is my toevlug en my veilige vesting,

my God op wie ek vertrou.”

PSALMS 91:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die afgelope Desembervakansie (wat voel of dit ’n leeftyd gelede is!) het ons as gesin gehaltetyd saam deurgebring. Ons het in Gauteng by my skoonfamilie gaan kuier, ons het luilekker dae by die huis deurgebring en ons het selfs vir ’n paar dae gaan kamp.

Dit was heerlik en só spesiaal.

Op al die vreemde plekke waar ons gekuier het, was ons vir haar bekend en haar veilige hawe tot sy met die mense en nuwe omgewing vertroud was. Dan het sy sommer gou opgewonde geraak en nuuskierig begin ronddwaal. Maar sy het ons met ’n valkoog dopgehou – as sy vir ’n oomblik onseker was het sy teruggehardloop en aan my been geklou.

Eintlik werk dit met die lewe ook so, nie waar nie?

Sodra ons ons in nuwe, vreemde en onvoorspelbare omstandighede bevind, probeer ons vasklou aan iets wat bekend voel. Iets wat veilig voel.

As daar dalk hierdie jaar vir jou ’n nuwe hoofstuk voorlê, of jy bevind jouself onverwags in omstandighede wat jy nie sien kom het nie, onthou dat God jou veilige hawe bly. Hy sal jou steeds behoed en bewaar en by jou bly, al lyk dinge anders as wat dit ’n jaar terug gelyk het. Hy sal daar wees vir jou as jy voel jy moet die onbekende trotseer. Hy sal jou veilige tuiste bly, maak nie saak waar jy jou bevind nie. Hou net jou oog op Hom.

Gebed: Hemelse Vader, baie dankie dat U altyd my veilige hawe is, maak nie saak waar ek my bevind nie. Dankie dat ek altyd troos by U kan vind en kan weet dat U my sal beskerm, maak nie saak hoe onbekend die dinge rondom my voel nie. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS