Bible Society of South Africa

Die antwoord is voor jou - 12 Februarie 2024

Deur Benescke Janse van Rensburg

Bybelteks(te)

11Die Here sal jou altyddeur lei;

selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien.

Hy sal jou sterk maak.

Jy sal wees soos 'n tuin met volop water,

soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

JESAJA 58:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ek lees hierdie stukkie op sosiale media raak:

“If you feel like you hate everyone, eat something.
If you feel like everyone hates you, go to sleep.
If you feel like you hate yourself, have a shower.
If you feel like everyone hates everyone, go outside.”

Die stukkie het my laat glimlag omdat ek besef dat meeste van ons al daaraan skuldig was dat ons in uitdagende situasies die “eenvoudige onmiddellike oplossing” reg voor ons miskyk. Ek praat nie noodwendig van eet, slaap, stort of om buite toe te stap nie. Soms lei God ons deur sy Heilige Gees in ’n rigting, maar die uitdaging oorweldig ons só dat ons nie op sy leiding ag slaan nie.

In Jesaja 58:11 staan geskryf: “Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.”

Mag ons stil word en luister. God is by ons in die dor streke van ons lewens. Hy maak ons sterk. Hy wil sy goedheid en grootheid aan ons demonstreer. Sterkte.

Gebed: Vader God, U is in beheer van my lewe. Help my om nie oorweldig te word deur situasies buite my beheer nie, maar eerder my geloof en vertroue opnuut in U te plaas. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS