Aanbid in die duisternis - 2 Junie 2020

Deur Xanthe Hancox

Jy mag oor die afgelope weke opgelet het dat die meeste psalms op ‘n hoë noot van hoop eindig. Met Psalm 88 is dit egter anders. Die finale woorde is nie wat ons verwag nie. Die psalms is dikwels vol weeklag, soms rou en baie intens, maar hulle eindig ten minste met hoop. Psalm 88 begin en eindig egter met pyn.

Hoekom is hierdie psalm hier? Hoekom is dit in die Bybel? Die doel van die psalms is tog om die kerk in aanbidding te lei. Volgens die Duitse teoloog, Dietrich Bonhoeffer, is die psalms die Bybel se gebedeboek. Hulle vorm die model van hoe God se kinders met Hom moet praat. En soms moet ons wanneer alles donker is na God toe kom.

Psalm 88 wys ons hoe om te bid wanneer ons gebroke en in pyn is. Vir Bonhoeffer is dit wonderlik dat ons in die Psalms beide die Woord van God en die gebede en liedere van mense vind.

Ons kan na God toe kom net soos ons is. Gebroke en in pyn, maak nie saak nie, ons kan steeds kom. Ons kan steeds kom omdat – en ons moet dit onthou – God nie bang is vir die duisternis nie.

Wanneer jy nie in pyn is nie, mag dit dalk ongemaklik of selfs opdringerig voel om iets so persoonlik te bid. Bonhoeffer skryf egter: “al is ‘n vers of psalm nie jou eie gebed nie, is dit tog die gebed van ‘n ander lid van die gemeenskap.” Ons gebede waarin ons treur en kla, God loof en aanbid of pleit vir geregtigheid, kan ons help om onsself in die skoene van ons mede broers en susters in Christus te plaas.

Gebed: Jesus, U is die lig van die wêreld wat by ons in die duisternis is. Help ons om U te vertrou, selfs in ons donkerste oomblikke en vas te hou aan u belofte dat U ons nooit sal verlaat nie. Amen