Hoop wat onbevrees is - 26 Augustus 2020

Deur Xanthe Hancox

Klaagliedere is nogal ‘n neerdrukkende boek. Jerusalem het geval, die tempel is vernietig, en baie van die mense was in ballingskap. En hierdie boek beslaan, soos die naam impliseer, hoofsaaklik ‘n reeks klaagliedere oor die toestand van Jerusalem. Die uitsondering is hoofstuk drie wat ‘n meer persoonlike klaaglied oor die toestand van die skrywer self is.

In die eerste 20 verse van hierdie hoofstuk gee hy uiting aan sy angs oor God se straf. En dit gaan saam met ‘n gevoel van verwerping en wanhoop. Maar alles is nie donker nie. Daar is nog ‘n straaltjie van hoop waaraan hy vasklou.

Ons kan nie ontken dat die wêreld ‘n angswekkende plek kan wees nie.

Christelike hoop is onbevrees en vrymoedig. Ons hoop verklaar dat selfs in die donkerste tye, God se lig steeds skyn. Wanneer ons bang is, is God steeds in beheer van die heelal.

Vir diegene wat nie die Here ken nie, mag ons hoop na ‘n ietwat dom deug lyk.

Maar omdat God ons liefhet, het ons rede om onbevrees te hoop. Ons weet dat ons veilig is in die sorg van ‘n getroue en kragtige God. Ons kan met vrymoedigheid in God hoop asook in die beloftes wat Hy aan ons maak.

Ons het ‘n behoefte aan hoop omdat, soos die skrywer van Klaagliedere, beleef ons dat die wêreld nog nie is soos God wil hê dit moet wees nie, en wag ons op beter tye. Hoop is om te glo in die lig selfs al is ons in die duisternis. Hoop maak dit vir ons moontlik om bly te wees wat die omstandighede ook al mag wees.

Gebed: Getroue God en Vader, dankie dat U vir ons ‘n rede gee om onbevrees te hoop, selfs wanneer ons probleme ondervind en die wêreld ‘n angswekkende plek is. Dankie dat U getrou aan u beloftes is. Amen