Bible Society of South Africa

‘n Nuwe begin: Hou aan – 31 Januarie 2021

Deur Louise Gevers

Bybelteks(te)

ROMEINE 5

Die vrug van die vryspraak

1God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. 2Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. 3Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

ROMEINE 5:1-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons het aan die einde gekom van hierdie reeks oor ‘n nuwe begin en wil graag op ‘n bemoedigende noot afsluit.

Vandag se teksgedeelte vra ons om vas te byt en aan te hou: om te weet wie ons in Christus is en om die omvang van die seëninge wat ons van Hom ontvang, te erken. Dit vra van ons om te volhard in wat ons ook al moet oorkom want God is by ons, Hy bewaar ons harte en lei ons gedagtes terwyl ons voortgaan en op sy onfeilbare liefde vertrou. Dit is soos om saam met medepassasiers op ‘n trein te wees, op stewige ysterspore met die kragtige trein wat ons na ‘n bestemming wat voorlê, neem – maar niemand weet presies hoe lank die reis gaan neem nie, soos die ondervinding wat ek gedurende die vakansie gehad het.

Ons is getrakteer op ‘n wonderlike stoomtreinuitstappie na die plattelandse dorpie, Elgin, oor skilderagtige berge met pragtige see-uitsigte. In Elgin het ons vir ‘n paar uur ‘n mark verken voordat ons weer na Kaapstad teruggekeer het. Ons het ‘n ander deel van die Wes-Kaap gesien terwyl die trein sakkepakke, sakkepakke sy weg baan deur al die stasies, sommige skoon en netjies, ander verwaarloos en neerdrukkend. Ons het vir die baie mense gewaai wat langs die roete vir ons gewaai het, sommige van hulle agterplase baie na aan die spoor.

Dit was ‘n stadige reis met baie vertragings. Nie om ander passasiers op te laai nie, maar vermoedelik om ons veilig te hou terwyl ons uit die middestad ry. Een ongeskeduleerde stop was om te wag vir gesteelde kabels om verder aan met die spoor vervang te word. En alhoewel die stoomtrein ons al die pad na ons bestemming geneem het, het ‘n dieselenjin met die terugkeer gehelp om die stoomtrein te trek.

Dit maak nie saak wat ons lewensreis is nie, ons gaan langs die weg vertragings ondervind wat ons gevange sal neem en sal toets – skoonheid deurspek met onooglikheid, geregtigheid gemeng met onregverdigheid, die goed met die kwaad. Maar as ons weet dat God altyd by ons is, kan ons die reis in vrede geniet en Hom vertrou om ons met wysheid op die spoor te hou – selfs ‘n dieselenjin bring om ons betyds by ons bestemming te kry!

Beproewings wat ons vanuit God se perspektief beskou, is die katalisator vir ons groei wat ons bevry om die uitkoms te vertrou, bly te wees oor ons karakterbou en soos die Heilige Gees ons met sy liefde bekragtig, seker te maak van ons hoop.

“Aan Hom wat die mag het om julle daarvan te bewaar dat julle struikel, en om julle onberispelik en jubelend voor sy heerlikheid te stel, aan die enigste God, ons Verlosser, deur Jesus Christus ons Here, behoort die heerlikheid, majesteit, krag en mag – van voor alle tye, en ook nou, en tot in alle ewigheid. Amen.” (Judas 1:24-25)

Gebed: Vader, God van ‘n nuwe begin, help my om te volhard. “Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek.” (Psalm 62:5, 1983-vertaling) Amen

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS