Bible Society of South Africa

Huisreёls vir die Paradys – 3 April 2020

Deur Hennie Symington

Bybelteks(te)

MATTEUS 7

Hoor en doen

21“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

MATTEUS 7:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

DIE OPENBARING 21

Die nuwe hemel en die nuwe aarde

1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is.

3Toe het ek 'n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

5Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”

En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.”

DIE OPENBARING 21:1-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Nie elkeen wat vir My sệ: ‘Here, Here’ sal die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar die een wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Matteus 7:21

Toe het ek ‘n nuwe hemel en’n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. … Toe sệ Hy wat op die troon sit: “Kyk, ek maak alles nuut.” Openbaring 21:1,5

Wat doen jy wanneer besoekers by jou oorbly vir ‘n paar dae? Natuurlik sal jy vir ‘n hulle die spaarkamer opmaak, met skoon lakens en kussingslope. Jy sal sekerlik die meubels afstof en die mat stofsuig. Alles moet eksie-perfeksie wees. En hoe sou die gaste reageer as hulle sien hoe pragtig die kamer vir hulle gereed gemaak is. Hulle sou dit sekerlik waardeer. Maar wat as die huiseienaar en die gasvrou wanneer die gaste vertrek het, die kamer binnekom en chaos daar aantref. Wat as die badkamer vuil is, en die handdoeke op die vloer lệ, en die lakens gevlek en vuil is? Haar eerste reaksie sal waarskynlik wees: “Dis die laaste keer wat hierdie mense by my huis oorslaap. Nooit weer nie!”

Het jy geweet dat God ook ‘n gastekamer het in die vorm van ‘n paradys wat Hy vir sy gaste voorberei het? Die gaste het dit natuurlik pragtig gevind om na te kyk en daarin te woon. Maar op ‘n dag verniel hulle hierdie paradys deur die reёls van die Eienaar te ignoreer. Maar wonder bo wonder, gee die eienaar hulle ‘n tweede kans, op voorwaarde dat hulle die tuin versorg en oppas. Dit geld vir ons ook. Ruim jou lewe op. Maak vrede met die met wie jy in kwaai vriendskap leef en begin van voor. Probeer om meer verdraagsaam te wees en hou op om besittings na te jaag. Laastens, wees liefdevol en goed vir ander.

Gebed: Here, ons bely dat ons die paradys in ‘n plek van pyn, hartseer en vernietiging omskep. Vergewe ons, Here. Ons droom almal van wanneer ons weer een met U en die skepping sal word. Ons sien uit na die dag dat U alles in almal sal wees sodat ons uiteindelik kan rus in die volmaakte tuin wat U aan ons geskenk het. Amen

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS