Bible Society of South Africa

Hoop deur vergifnis – 29 Januarie 2020

Neville Turley

Bybelteks(te)

ROMEINE 3

23Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,

ROMEINE 3:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

JESAJA 53

6Ons het almal gedwaal soos skape,

ons het elkeen sy eie pad geloop,

maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.

JESAJA 1

18Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here:

Al was julle skarlakenrooi van sonde,

julle sal wit word soos sneeu.

Al was julle purperrooi,

julle sal wit word soos wol.

LUKAS 18

Die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar

9Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel: 10“Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was 'n Fariseër en die ander een 'n tollenaar. 11Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: ‘O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. 12Ek vas twee keer in die week en ek gee 'n tiende van my hele inkomste.’

13“Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig.’

14“Ek sê vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.”

LUKAS 18:9-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

MATTEUS 6

12en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;

MATTEUS 6:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie …, Romeine 3:23

Al het sonde ons geskei van God, het Hy ons steeds lief. Hy het ons so lief dat Hy ons volkome vergewe deur ons geloof in sy Seun wat vir ons sondes gesterf het.

Die Bybel stel dit baie duidelik dat ons almal sondaars is. “Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.”  (Jesaja 53:6)

In die Evangelies word dit duidelik dat God graag ons sondes wil vergewe en dat sy vergifnis volkome, verniet en vir altyd is. Dit maak nie saak wat jy gedoen het nie. “Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu” (Jesaja 1:18)

Die Almagtige God vergewe egter nie sondaars wat nie hulle sondes bely nie. Om jou sondes te bely, beteken dat jy so jammer is oor jou sondes dat jy ophou om te sondig en jou hart vir die Heilige Gees oopmaak. Om die Heilige Gees te misken, is die een onvergeeflike sonde.

Twee mans het in die tempel gaan bid. Die hoogmoedige Fariseër het gespog oor wat hy doen. Die tollenaar het nederig gebid: “O God, wees my, sondaar, genadig.” Jesus sê: “Ek sê vir julle: Hierdie man, en nie die ander een nie, het huis toe gegaan as iemand wie se saak met God reg is.” (Lukas 18:9-14)

” … en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;” (Matteus 6:12) Ons Vader gaan ons nie vergewe as ons nie diegene vergewe wat iets teen ons gedoen het nie. Ons moet ander vergewe om ons eie ontwil.

Haat in jou hart teenoor iemand wat iets slegs aan jou gedoen het, is soms verstaanbaar, maar jy moet dit verwerk, vergewe en aan beweeg. Anders bly jy die slagoffer.

Gebed: Hemelse Vader, vergewe ons ons baie sondes en tekortkominge. Ons bid dit in Jesus se Naam. Amen

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS