God as die eerste tuinier – 9 Maart 2020
Deur Hennie Symington
Bybelteks(te)
GENESIS 1
GENESIS 2
Toe het God gesệ: “Laat daar waters onder die hemel op een plek bymekaar kom sodat die droeё grond sigbaar word”. Genesis 1:11
‘n Tuin moes God baie na aan die hart gelệ het, want dit was van die eerste dinge wat Hy geskep het. Wanneer jy die Bybel oopslaan, is die eerste prentjie die van ‘n landskap wat nog dor en leeg is. Daar is grond en water, maar geen plante of kruie nie. God skep dan die eerste menslike wese, Adam, uit die barre stof van die aarde. Hieruit leer ons dat die mens se identiteit ten nouste gekoppel is aan die stof van die aarde.
Nog is dit nie die einde nie. God plant ‘n tuin in wat genoem word Eden, (Genesis 2:8) en plaas die aardbewoner in hierdie spogtuin. Dit moes ‘n asemrowende gesig gewees. Die adam wat pas uit die stof ontspring het, kyk met verwondering hoe God pragtige bome en plante wat kos verskaf, laat voortspruit. Vanuit ‘n Bybelse oogpunt kan ‘n mens jou voorstel, hipoteties gesproke, dat die dag wanneer God ophou tuinmaak, is die dag waarop die mensdom sal vergaan. Ek het nog nooit gehoor dat ‘n teoloog dit sệ nie, maar dit is waar.
Gebed: Ons dank U, Skepper, vir die natuurskoon, voedsel, mens en dier. Vergewe ons wanneer ons nie u tuin instand hou nie. Gee dat ons elke dag sal lewe as bevoorregte bewaarders van die tuin. Amen