Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 39

Spreuke 8:12-13

Bybelteks(te)

12“Ek, Wysheid, het die verstand,

ek het die kennis en die skranderheid.

13Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is.

Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid,

'n verkeerde lewe en slinkse woorde.

SPREUKE 8:12-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

In die tweede deel – Spreuke 8:12-21 – word die omsigtigheid van die Wysheid verheerlik. Die Wysheid soek en vind kennis en goeie oordeel (diskresie). Dit leer ons om te leef in die vrees van die Here.

Dit beteken noodwendig dat jy sal haat dit wat sleg is; dit wat afwyk van God se standaard. Dit sluit houdings (verwaandheid en hoogmoed), bose gedrag en perversiteit – ‘n verdorwe mond – in. Laasgenoemde beskryf iemand wat woorde se betekenis in die teenoorgestelde daarvan verander.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS