Bible Society of South Africa

Lewenskrag – Dag 7

- Die krag van geloof
- Moenie bang wees nie
- Kom na My toe

Bybelteks(te)

Die genesing van die offisier se slaaf

5Nadat Jesus in Kapernaum aangekom het, het 'n offisier by Hom hulp kom vra 6en gesê: “Here, my slaaf lê by my huis verlam en verduur baie pyn.”

7En Jesus antwoord hom: “Ek sal hom kom gesond maak.”

8Maar die offisier sê: “Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie. Sê maar net 'n woord, en my slaaf sal gesond word.

MATTEUS 8:5-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

13Jesus sê toe vir die offisier: “Gaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur.”

En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword.

MATTEUS 8:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

29“Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. 30Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. 31Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

MATTEUS 10:29-31AFR83Maak oop in die Bybelleser

28“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las is lig.”

MATTEUS 11:28-30AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS