Bible Society of South Africa

Lewenskrag – Dag 16

- God wat vrede gee
- Die woord van die Here bly vir ewig
- God is liefde

Bybelteks(te)

Gebed vir die lesers

20God wat vrede gee, het ons Here Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die groot Herder van sy kudde is, uit die dood teruggebring. 21Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

HEBREËRS 13:20-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

23Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. 24Die Skrif sê:

“Die mens is soos gras,

en al sy prag soos 'n veldblom;

die gras verdor en die blom val af,

25maar die woord van die Here,

dít bly vir ewig.”

En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.

1 PETRUS 1:23-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

God is liefde

7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. 10Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.

11Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. 12Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.

1 JOHANNES 4:7-12AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS