Bible Society of South Africa
Neville Turley

Jesus, ons Messias – Dag 9

Toegejuig en toe verraai

Bybelteks(te)

SAGARIA 9

Die koning sal kom

9Jubel, Sion! Juig, Jerusalem!

Jou koning sal na jou toe kom.

Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar,

hy is nederig en hy ry op 'n donkie,

op die hingsvul van 'n donkie.

10Ek sal die strydwaens in Efraim vernietig, die perde uit Jerusalem uitroei.

Die pyl en boog waarmee oorlog gemaak word, sal gebreek word.

Die koning sal vrede vir die nasies afkondig

en hy sal regeer van see tot see,

van die Eufraat af tot in die uithoeke van die aarde.

SAGARIA 9:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ʼn oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ʼn donkie, op die hingsvul van ʼn donkie. Ek sal die strydwaens in Efraim vernietig, die perde uit Jerusalem uitroei. Die pyl en boog waarmee oorlog gemaak word, sal gebreek word. Die koning sal vrede vir die nasies afkondig en hy sal regeer van see tot see, van die Eufraat af tot in die uithoeke van die aarde. (Sagaria 9:9-10)

Hierdie profesie van Sagaria vertel van Christus se triomfantlike intog in Jerusalem. Straatoptogte is eeue oud! Mense vaar die strate in om hulle solidariteit met, of teenkanting oor ʼn spesifieke saak of individu te bewys.

Ongelukkig is skares mense wispelturig en word hulle dikwels beïnvloed.

Die strate van Jerusalem was volgepak met mense wat vir die Paasfees daarheen gekom het. Daar het hulle toe gehoor dat Jesus, die langverwagte Messias, wat so pas ʼn man uit die dood opgewek het, onderweg was na die stad. “Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: ‘Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!’ en: ‘Die Koning van Israel!’ ” (Johannes 12:13)

Hulle moes dronkgeslaan gewees het dat hulle Messias nie die stad op ʼn oorlogsperd binnegry het om die vyand te kom vernietig en sy koninkryk te vestig nie. Hy het die stad op ʼn donkie, ʼn simbool van vrede, binnegery.

Maar boosaardige magte was aan die werk. Jesus, wat deur Judas vir 30 stukke silwer verraai is, is ter dood veroordeel. Pilatus wil hom vrylaat, maar die houding van die skare het nou verander. Hulle prys en loof nie meer die Koning van Israel nie; inteendeel, hulle roep aanhoudend uit: “Kruisig, kruisig hom!” (Lukas 23:21)

Pilatus het tevergeefs probeer om met die mense te redeneer en uiteindelik gee hy toe aan hulle eise.

Judas het bitter spyt gehad oor dit wat hy gedoen het. Hy probeer om die geld terug te gee maar die priesterhoofde weier om dit te aanvaar. Judas het die geld op die tempelvloer neergegooi en homself gaan ophang. Die priesterhoofde het besluit om die “bloedgeld” te gebruik om grond van ʼn pottebakker te koop om as ʼn begraafplaas vir buitelanders te gebruik.

Hulle aksies het woorde wat Sagaria (Sagaria 11:12-13) en Jeremia (Jeremia 32:6-9) eeue vroeër geprofeteer het vervul. Weereens sien ons hoe Ou Testamentiese profesieë in die Nuwe Testament waar word. Daar is ʼn Engelse gesegde oor die Bybel wat lui: The New is in the Old concealed, the Old is in the New revealed. ʼn Mens verstaan dit baie duidelik wanneer jy ʼn stuk soos dié van vandag lees.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS