Bible Society of South Africa

Groei ’n Geestelike Tuin – Dag 4

Boer met genade.

Bybelteks(te)

37Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? 38En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

MATTEUS 25:37-40AFR83Maak oop in die Bybelleser

21“Die slaaf kom toe terug en vertel dit alles aan sy eienaar. Toe word die man kwaad en sê vir sy slaaf: ‘Gaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.’ 22Later kom die slaaf sê: ‘Meneer, u opdrag is uitgevoer, en daar is nog plek.’ 23Toe sê die man vir die slaaf: ‘Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat my huis vol kan word. 24Dit verseker ek julle: Nie een van die mense wat genooi is, sal sy mond aan my kos sit nie.’ ”

LUKAS 14:21-24AFR83Maak oop in die Bybelleser

Sodra ons vergeet dat alle mense na die beeld van God geskep is en nie net siele of liggame is nie, vergeet ons van die mens agter die nood. Maar as ons ons naaste liefhet, soos Jesus van ons vra, kan ons nie anders as om begaan te wees oor hulle nie. Ons kan dit waag om grense te oorbrug en gasvryheid te betoon aan mense buite ons veilige sosiale kring omdat ons dit doen asof vir Christus.

In die Christelike geloof het elke mens ʼn onvervreembare waarde as mens. Man, vrou en kind is almal na die beeld van God gemaak. En as jy dit glo, laat dit sigbaar word in jou lewe.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS