Bible Society of South Africa

Verlange na God – Dag 247

Bybelteks(te)

Danksegging en gebed vir die gemeente

3Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. 4In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, 5omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. 6Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

FILIPPENSE 1:3-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Gebed: die verstommende voorreg om met God te praat. Hierdie voorlesings sluit in gebede van verlange en klaagliedere, Jesus se lering oor gebed, en van die mees geliefde gebede in die Bybel.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS