Bible Society of South Africa

Rut – Dag 230

Bybelteks(te)

2ook tien leiers van die stad gevra om daar te kom sit, en hulle het dit gedoen. 3Boas sê toe vir die losser: “Naomi, die vrou wat uit Moab teruggekom het, bied die stuk grond wat aan ons familielid Elimelek behoort het, te koop aan. 4Ek het gedink ek behoort dit vir jou te sê. Koop dit nou in die teenwoordigheid van almal wat hier sit en voor die leiers van die volk; indien jy bereid is om as losser op te tree, doen dit dan, maar indien nie, sê dit vir my dat ek dit weet, want ek is ná jou die volgende een wat die lossersreg moet uitoefen.”

Hy antwoord toe: “Ek is bereid om as losser op te tree.”

5Daarop sê Boas: “Wanneer jy die stuk grond van Naomi koop, kry jy terselfdertyd vir Rut die Moabitiese weduwee sodat die grond in die oorledene se familie bly.”

6Die losser sê toe: “In daardie geval sal ek my reg om as losser op te tree, laat vaar, want anders sou dit beteken dat my eie eiendom in gevaar kom. Tree jy nou maar as losser op, want ek sien nie meer daarvoor kans nie.”

Die boek van Rut: ‘n verhaal van lyding en verlies wat plek maak vir hoop en nuwe begin.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS