Bible Society of South Africa

Rut – Dag 226

Bybelteks(te)

2Kyk, Boas saam met wie se werksters jy gewerk het, is mos familie van ons. Hy dors vannag gars op die dorsvloer. 3Was jou, maak jou mooi en trek jou netjies aan en gaan na die dorsvloer toe. Moenie dat hy jou gewaar voordat hy klaar geëet en gedrink het nie. 4Wanneer hy gaan slaap, sorg dat jy weet waar hy gaan lê. Dan gaan jy soontoe en kruip by sy voete in. Hy sal jou dan sê wat jy moet doen.”

5Toe antwoord Rut: “Ek sal doen wat u gesê het.”

Die boek van Rut: ‘n verhaal van lyding en verlies wat plek maak vir hoop en nuwe begin.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS