Bible Society of South Africa

‘n Visie van die hemel – Dag 334

Bybelteks(te)

Julle is saam met Christus uit die dood opgewek

1Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.

KOLOSSENSE 3:1-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Bybelse gedeeltes wat ons visioene gee oor ‘n gebroke wêreld wat nuut gemaak is, en die Christelike hoop op opstanding.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS