Bible Society of South Africa

Krag in Swakheid – Dag 189

Bybelteks(te)

Die priesterlike seën

22Die Here het vir Moses gesê: 23“Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën:

24“Die Here sal julle seën

en julle beskerm;

25die Here sal tot julle redding verskyn

en julle genadig wees;

26die Here sal julle gebede verhoor

en aan julle vrede gee!

27“So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.”

NUMERI 6:22-27AFR83Maak oop in die Bybelleser

God se volk kom gereeld voor omstandighede wat hulle swak en rusteloos laat voel: hierdie meditasies lok ons na God wat sy krag en vrede genadiglik in ons lewens uitstort.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS