Bible Society of South Africa

Krag in Swakheid – Dag 187

Bybelteks(te)

14Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, 15en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. 16Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. 17Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

18Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

EFESIËRS 6:14-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

God se volk kom gereeld voor omstandighede wat hulle swak en rusteloos laat voel: hierdie meditasies lok ons na God wat sy krag en vrede genadiglik in ons lewens uitstort.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS