Bible Society of South Africa

Inkarnasie – Dag 343

Bybelteks(te)

Die geboorte van Jesus Christus

18Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus.

Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. 19Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. 20Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. 21Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

MATTEUS 1:18-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

‘n Reeks lesings oor die koms waarin ons die werklikheid en verwondering van Jesus se inkarnasie ondersoek.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS