Bible Society of South Africa

Hoop in lyding – Dag 207

Bybelteks(te)

3Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

ROMEINE 5:3-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Lyding is ‘n werklikheid in ‘n gebroke wêreld. Die Skrif erken hierdie werklikheid, maar wys ons op die transformerende teenwoordigheid van God in ons lewens, ongeag ons omstandighede, en die woorde van hoop wat hy oor ons wêreld spreek.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS